“Dít gaan die Beste Kersfees ooit wees”

Om vir Juanita du Plessis op dié verhoog te sien en haar dalk te ontmoet, is die beste kersgeskenk waarvan Charlene Coetzee, ’n inwoner van Moeggesukkel in Centurion vanjaar kan droom.

Sy en haar lewensmaat, Ryno van Zyl, is een van die huis se 70 inwoners wat vir die eerste keer in hul lewe ’n konsert, waar onder andere Juanita, Dozi, Steve Hofmeyr en Bobby van Jaarsveld gaan, optree, bywoon. En dít veroorsaak ’n beroering wat nie eens deur menslike lyding en verdriet oorskadu word nie.

“Ons was seker 17 jaar gelede op ’n date gewees,” knipoog Ryno. “Dit is hoekom ons so uitsien na konsert – ’n aand sonder die kinders.”

Ongeveer 70 van Moeggesukkel se inwoners gaan dié Beste Krismis Party – OOIT, wat op 13 Desember by NG Moreletapark aangebied word, bywoon. “En glo my, ons almal gaan ons mooiste klere aantrek,” sê Charlene.

Barry Pretorius, uitvoerende regisseur van konserte soos Afrikaans is Groot, het vroeër vanjaar vir Jacques Papenfus, die stigter van Moeggesukkel, ontmoet. “Dit was sommer liefde met die eerste oogopslag,” spot hy. “Op ’n ernstiger noot: ek het deur die jare ontvang; ek het gevoel dit is tyd om terug te gee. Ek kan konserte reël en musiek is iets waarby almal aanklank vind.”

Hy het ’n paar oproepe gemaak en van die land se bekendste sangers het ingestem om ’n fondsinsamelingskonsert vir dié huis aan te bied.

Everest Wealth het ook sonder om twee keer te dink ingestem om as hoofborg vir die konsert op te tree. “Ons ondersteun graag projekte wat gemeenskappe versterk en hoop bring. Ek weet mense sukkel om kop bo water te hou – dit is ook hoekom ons besluit het om dié konsert se wins aan Moeggesukkel te skenk,” sê groephoof Jarryd Killmer.

Moeggesukkel in Centurion bied ’n veilige hawe vir mense wat deur werkloosheid, verslawing, gebroke huishoudings of ander maatskaplike uitdagings op hul knieë gedwing is.

Jacques, wat die huis elf jaar gelede geopen het, sê hulle bied vandag aan 113 inwoners ’n huis en die nodige ondersteuning om weer op die been te kom. “Ek onthou ons eerste Kersdag baie goed. Ons was so dertien mense. Ons het klein kersgeskenkies vir mekaar uitgedeel. Ons was alleen, gebroke, maar ons het mekaar gehad.”

Nou, ’n paar jaar later, het die getalle gegroei. Kinders en seniors het deel geword van die klein gemeenskap waar “omgee” nie net ’n selfstandige naamwoord is nie, maar ’n werkwoord. “Ons ontvang soveel genade,” sê Jacques. “Dit is ook waarom al die inwoners al van vroeg in Desember af saamspan om kos en liefde uit te deel aan die wat dit nie het nie.

“Die inwoners wat fisies daartoe in staat is, werk en doen hul deel. Ons het motorwerktuigkundiges, administratiewe beamptes en selfs paneelkloppers onder ons.”

“Ons het weer ons voete gevind nadat ons gesin vir maande haweloos was,” sê Charlene. “Jacques het ons gevind, heel gemaak en weer ’n roeping in die lewe gegee. Ons is almal familie – die verlede maak nie meer saak nie. Ons oordeel mekaar nie; ons is net lief vir mekaar.”

Ryno vryf oor sy stekelbaard wat een van die dae net so lank soos Jo Black s’n gaan wees. “Jo is my gunsteling sanger, en ek moet erken, as hy lostrek met Skepe, pik ek soms ’n traan weg.”

Vir baie mense is die feesseisoen ’n tydperk van saamwees en oorvloed, maar vir ander bring dit stilte, verlies en eensaamheid. “Ons probeer om Kersdag so vrolik moontlik vir ons inwoners te maak. Ons speel speletjies, eet, deel geskenkies uit, maar vir baie van ons is dit ook ’n moeilike dag. Dit is ’n dag van verwyte en trane,” sê Jacques.

Moeggesukkel sien jaar na jaar ’n styging hulpbehoewendes — van jong mense wat nie werk kry nie, tot bejaardes wat sonder inkomste of die ondersteuning van familie hulself op straat bevind.

Die konsert poog om broodnodige fondse in te samel om die programme aan die gang te hou en mense in te neem wat geen ander heenkome het nie.

Moeggesukkel wil een boodskap uitdra: Niemand hoef alleen te ly nie.

Dit is waarom die konsert uit meer bestaan as net liggies en musiek; dit bied ook die geleentheid om werklike ’n verskil te maak in die lewens van mense wat hoop die heel nodigste het.

Kaartjies kos tussen R275 en R475, afhangend van sitplek. Kinders onder twee jaar kry gratis toegang indien hulle op ’n volwassene se skoot sit. Rolstoelplekke is beskikbaar, maar beperk. Besprekings kan via iTickets SA gedoen word.

Important Notice and Disclaimer

This article is provided for general information and educational purposes only and does not constitute financial advice as defined by the Financial Advisory and Intermediary Services Act, 2002 (FAIS Act). The content should not be relied upon as a basis for making any investment decisions.

Please consult with a licensed financial advisor to determine if such investments are appropriate for your individual circumstances.

Everest Wealth Management (Pty) Ltd is an authorised Financial Services Provider (FSP 795) and a registered credit provider NCRCP 21504.

Contact me

Take the first step toward a secure future. Act now and start building the retirement you deserve. Speak to your financial advisor or contact Everest Wealth.

Onyx Income +

Investing in alternative assets carries risks, including market volatility and liquidity constraints. We recommend discussing your risk tolerance with one of our experienced financial advisors to ensure this investment aligns with your financial goals.