Begrotingsrede 2026: Fiskale Kruispad Vereis Dapper, Praktiese Hervorming
Suid-Afrika staan nie net voor nóg ’n begrotingsrede nie, maar voor ’n fiskale kruispad.
“Volgehoue lae groei, stygende openbare skuld, chroniese infrastruktuurmislukkings en maatskaplike druk kom saam in ‘n oomblik wat duidelike keuses en dapper, praktiese hervorming vereis,” sê Thys van Zyl, uitvoerende hoof van Everest Advisory Services.
Van Zyl het in ’n brief aan Enoch Godongwana, minister van finansies, sy bereidwilligheid te kenne gegee om saam met ander professionele persone betrokke te raak en te help met enige ernstige poging om sulke hervormings tot voordeel van Suid-Afrikaners te implementeer.
“Met ’n onstuimige globale ekonomiese klimaat, binnelandse groeibeperkings en in die nasleep van verlede jaar se begrotingskrisis, is dit van kardinale belang dat die komende begrotingsrede geloofwaardigheid herstel en groei-stimulerende strukturele hervormings beklemtoon.”
Van Zyl meen die kernvraag is dus nie net wat aangekondig gaan word nie, maar of markte, beleggers en belastingbetalers dit as uitvoerbaar en volhoubaar sal beskou.
Die begrotingsrede sal weereens ’n poging wees om ’n balans te probeer vind tussen wydverspreide ekonomiese druk en die behoefte om groei te bevorder. Aan die een kant styg die druk op staatsbesteding – veral in maatskaplike toelaes, die staat se salarisrekening en infrastruktuur. Aan die ander kant bly belastinginvordering onder druk weens lae groei en kan dit op langer termyn verhogings in inkomstebelasting beteken.
“Die vraag is nie net hoeveel bestee word nie, maar waaraan. Kerndienste en instandhouding moet beskerm word, groei-bevorderende infrastruktuur moet versnel word, en onproduktiewe uitgawes moet gesny word.
“Minister Enoch Godongwana sal waarskynlik weer ’n duidelike sein wil stuur van fiskale dissipline, beleidsekerheid en skuldstabilisering,” sê Van Zyl. “Maar met staatskuld wat reeds op verhoogde vlakke stabiliseer en rentebetalings wat ’n toenemend groter deel van die begroting opslurp, is die fiskale ruimte eenvoudig beperk.
“Skuld, indien wys gebruik, is ‘n instrument vir ontwikkeling; indien dit wanbestuur word, word dit ‘n lokval. Suid-Afrika moet verseker dat sy skuldtrajek versoenbaar is met langtermyngroei en dat rentekoste nie noodsaaklike besteding verdring nie.”
Van Zyl voeg by dat enige afwyking van ’n geloofwaardige konsolidasiepad die land se kredietgraderings en kapitaalvloei negatief kan beïnvloed.
“Suid-Afrika kan nie meer algemene staatswaarborge en herhalende reddingsboeie bekostig nie. Finansiering moet gekoppel wees aan duidelike projekte met meetbare opbrengs. Die privaat sektor staan gereed om saam te werk — maar dit vereis voorspelbaarheid, duidelike reëls en ’n staat wat bereid is om mag te deel waar nodig.
“Hierdie begroting moet nie net ’n fiskale dokument wees nie, maar ’n uitnodiging tot vennootskap. Die privaat sektor beskik oor kapitaal, kundigheid en tegniese vermoë — maar dit vereis beleidsduidelikheid en geloofwaardige uitvoering.”
Selfs al word fiskale dissipline gehandhaaf, bly die groter uitdaging ekonomiese groei. Huidige groeivooruitskattings bly onder die 2%-vlak – ver onder die 3%- tot 4%-drempel wat nodig is om werkloosheid betekenisvol te verlaag.
“Op hierdie vlak stabiliseer die ekonomie – dit groei nie,” sê Van Zyl. “Die begroting moet duidelik uiteensit hoe vaste kapitaalvorming in energie, logistiek en vervaardiging versnel gaan word. Sonder ’n merkbare toename in privaatbelegging gaan werkloosheid eenvoudig te hoog bly.”
Hy meen die begrotingsrede moet konkrete tydlyne en meetbare teikens bevat – veral rondom infrastruktuur, energie-uitbreiding en logistieke hervorming.
Die begrotingsrede moet ook die eksterne risiko’s aanspreek wat Suid-Afrika se ekonomie beïnvloed – veral internasionale handelsverhoudinge, geopolitieke spanning en die moontlike impak op uitvoermarkte.
Hierdie faktore het direkte gevolge vir kapitaalvloei, die rand en beleggersvertroue.
“Begrotingsbeleid staan nie op sy eie nie,” sê Van Zyl. “Dit moet gekoppel wees aan strukturele hervormings in energie, logistiek en handel, asook ’n geloofwaardige fiskale raamwerk wat beleggersvertroue bevorder. Suid-Afrika kan nie ekonomiese groei bereik terwyl beleidsonsekerheid voortduur nie.”
Lees meer hier:
- https://timesnetwork.co.za/budget-2026-fiscal-crossroads-require-bold-practical-reform/
- https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/begroting-2026-fiskale-kruispad-vereis-dapper-praktiese-hervorming/
- https://sundayindependent.co.za/news/2026-02-24-fiscal-crossroads-require-bold-practical-reform/
- https://mypr.co.za/budget-speech-2026-fiscal-crossroads-requires-bold-practical-reform/
General Information
This press release is provided for general information and educational purposes only and does not constitute financial advice, investment research, or a recommendation as defined by the Financial Advisory and Intermediary Services Act, 2002 (FAIS Act). The content reflects the personal views and economic commentary of the author and should not be relied upon as the sole basis for making any investment or financial decisions.
Forward-Looking Statements
This document contains forward-looking statements and projections regarding economic conditions, market performance, policy developments, and geopolitical scenarios. These statements are based on current information, analysis, and assumptions which may prove incorrect. Actual outcomes may differ materially from projections or scenarios discussed herein. No guarantee is provided regarding the accuracy of forecasts, and readers should not place undue reliance on forward-looking statements.
Author’s Capacity
This document represents the personal views of Thys Van Zyl in his capacity as Chief Executive Officer of Everest Advisory Services, FSP 49495, which forms part of the Everest Wealth Management Group and constitutes economic commentary based on publicly available information and professional experience. It does not represent institutional investment research, formal product recommendations, or the solicitation of financial services.
Regulatory Information
Everest Wealth Management (Pty) Ltd is an authorised Financial Services Provider (FSP 795) CAT I, II & IIA and a registered credit provider (NCRCP 21504).
For personalised financial advice tailored to your specific circumstances, please contact Everest Wealth Management:
Telephone: 087 654 8705
Email: [email protected]